God se Liefde

God's Love Makes Me New (Afrikaans)

Written by Elton Smith, Elizabeth Tolson and André Esterhuyse

Ek en Elizabeth het oorspronklik hierdie liedjie in Desember 1998 geskryf. André Esterhuyse het dit mildelik na Afrikaans vertaal. - Elton April 17, 2000

Languages for this song:
English, Afrikaans



Lyrics

(Vers 1)
Daar word in baie tale oorvertel
hoe God se liefde ons
weer herstel jy kan dit glo
Hy het my hele lewe nuut gemaak
toe ek Sy Seun erken
aan die kruis aan die kruis

(Refrein 1)
het Hy my (het Hy my)
vry gemaak (vry gemaak)
Ek wy my lewe aan Hom Hy het my lief
deur Sy Seun (deur Sy Seun)
is als oorwin (is als oorwin)
want Sy liefde maak ons nuut

(Vers 2)
Ek is verwonder as ek dink hoe God
se liefde die ou mens weer nuut maak
Hoe Hy my sondes vergewe het toe
ek Sy Seun ontmoet
deur die kruis deur die kruis

(Refrein 2)
het Hy my (het Hy my)
vry gemaak (vry gemaak)
Hy het van my 'n nuwe skepsel gemaak
deur Sy Seun (deur Sy Seun)
is als oorwin (is als oorwin)
want Sy liefde maak ons nuut

(Vers 3)
Daar is geen skuld om te betaal
wanneer jy vra dat God
jou veergeef jy moet dit glo
Elke viek is weg gewas deur bloed
wat daar gestort is
net vir my by die kruis

(Refrein 3)
is ek tuis (is ek tuis)
vry gemaak (vry gemaak)
In 'n heilige verhouding saam met Hom
deur Sy bloed (deur Sy bloed)
is als oorwin (is als oorwin)
want Sy liefde maak ons nuut

(Einde)
want Sy liefde maak ons nuut

Copyright © 1998 Elton Smith and Elizabeth Tolson
Translation Copyright © 2000 André Esterhuyse
Translation by André Esterhuyse

Comments -  Leave a comment